Meisie steeds kritiek na sy verkrag, verbrand word

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die negejarige meisie wat aan die brand gesteek is nadat sy verkrag is, is steeds in ʼn kritieke toestand in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

“Die kind is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die intensiewe sorgeenheid maar die mediese span is tevrede met haar huidige vordering,” het Angelique Jordaan, woordvoerder vir die hospitaal, in ʼn verklaring gesê. Die meisie is Sondag deur familielede langs die R300-hoofweg naby Delft gevind nadat ʼn 27-jarige man haar glo verkrag en aan die brand gesteek het. Die verdagte is deur gemeenskapslede in hegtenis geneem na die voorval. Hy het Dinsdag in die Bellville-landdroshof verskyn en die saak is tot 28 Januarie uitgestel.

Lees ook:
Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding
Negejarige verkrag, verbrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Nog n stuk gemors wat ek van harte hoop dieselfde mee sal gebeur in die tronk. Goeie genade, waar gaan alles eindig? Raak die mense dan net erger en erger?

Sterkte aan die meisie. Hoop sy herstel vinnig.

william ·

Sedert 1994 is Suid Afrika amptelik n piesang republiek. soos die res van Afrika. Daar is geen orde en geregtigheid meer nie. Watter pyn moet daardie kind nie deurmaak nie?Haar lewe het skaars begin .Hierdie hond verdien nie om te lewe nie. Ek bid vir haar en dat sy sal lewe en herstel

Hanlie ·

Ek dink regtig ons land moet ‘n slag minder geld spandeer om “onbenullighede” en meer geld en tyd spandeer om ons Justisie in die land reg te kry. Ook dan “doodstraf” terug te bring. Almal kan maar net moor en doen wat hulle wil. Gaan sit ‘n bietjie in die tronk, kyk DSTV kry 3 keer op ‘n dag kos en intussen die persoon wat hulle vermoor/verkrag, ens. het lei elke dag (of hulle familie).
Onskuldige kind…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.