Meisie steeds vermis na ma haar by skool oplaai

Die polisie in KwaZulu-Natal soek steeds na ʼn 10-jarige meisie wat vermis is sedert haar ma, wat nie toesig oor die kind het nie, haar by die skool opgelaai het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Thulani Zwane, sê hulle het geen steeds leidrade oor waar McKayla Rutger is nie. Hy sê ʼn saak van ontvoering is aanhangig gemaak nadat Rutger se ma, Calene, haar Dinsdagoggend by die skool opgelaai het. Rutger se ma, Leslie Raynard, het toesig van McKayla. Raynard sê sy het nog niks van haar dogter gehoor nie. Sy sê haar dogter wil nie hê sy moet na haar kind omsien nie. Die familie sê hulle het met Rutgers probeer kontak maak op Facebook, maar sonder sukses. Rutgers het egter Dinsdaagaand op haar Facebook-blad geskry “hoe kan ʼn ma haar eie dogter onvoer?”. Volgens berigte was daar twee mans by Rutger toe sy haar dogter Dinsdag opgelaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.