Meisie sterf in botsing, ouers ernstig beseer

iStock_000015602916XSmall91-320x212ʼn Man en ʼn jong meisie is dood en drie mense beseer nadat twee voertuie Saterdag reg van voor gebots het naby Lenasia.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die meisie, glo tussen drie en vier jaar oud, en ʼn man is dood nadat ʼn BMW en ʼn Ford Ranger reg van voor gebots het. Die meisie se pa, ma en sussie is ernstig beseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.