Anene Booysen (17) van Bredasdorp in die Boland is deur vier mans verkrag en het een van haar vermeende verkragters geïdentifiseer voor sy in die hospitaal oorlede is.
Die Cape Argus berig dat ʼn 22-jarige man Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof verskyn het op aanklag van verkragting en moord. Die saak is tot 12 Februarie uitgestel en die man bly in aanhouding. Die polisie soek steeds na sy medepligtiges. Volgens Die Burger het veiligheidswagte Saterdagoggend op Booysen afgekom. Sy is verkrag en erg aangerand en haar liggaam geskend. Booysen is na die Tygerberg-hospitaal geneem waar sy Saterdagaand oorlede is. Booysen het egter voor haar dood een van haar aanvallers aan die polisie geïdentifiseer. ʼn Bron by die hospitaal het aan Die Burger gesê dat haar beserings te erg is om te noem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Hoekom? Hoekom ‘n kind se onskuld steel? Hoekom iemand se liggaam skend? Sterkte aan haar ouers, en familie.
Hallo Nico,
Die nuus staat vandag ook in Nederland in die koerant.
Groet,
Arjan
http://www.ad.nl/ad/nl/1013/Buitenland/article/detail/3389932/2013/02/07/Meisje-17-overlijdt-na-gruwelijke-groepsverkrachting.dhtml
Ai wat word van ons mooi land dat hulle nou al oorsee van ons praat..die arme ouers en wat het daai meisie deurgegaan…ek hoop die leiers in ons land gaan nou wakker skrik…p