Meisie sterf na swaai op haar val

ʼn Ses jarige meisie is Vrydag dood nadat ʼn swaai op haar geval het by haar skool in Bloemfontein.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die meisie was op die swaai toe die wind dit glo omgewaai het en dit bo op haar geval het. Hy sê toe paramedici op die toneel opgedaag het, het omstanders die meisie reeds onder die swaai uitgehaal. Visser sê die meisie het erge kopbeserings opgedoen en is op die toneel dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.