Meisie sterf na trok oor haar ry

ʼn 11-jarige meisie is dood nadat ʼn vragmotor oor haar gery het in Zeerust, Noordwes.

Lt.kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie, sê die 26-jarige vragmotorbestuurder was besig om in trurat te ry en het nie die meisie agter die vragmotor gesien nie en oor haar gery. “Die bestuurder het die meisie onder die vragmotor uitgehaal en met haar na die hospitaal gehaas. Hulle is op pad na die hospitaal deur ʼn ambulans ontmoet wat die meisie verder vervoer het.” Die meisie is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Metsi sê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.