Meisie sterk aan ná hond haar verskeur

Meisie ontslaan na hond haar aanval. Lees meer hier.

Amanda van Tonder. Foto: Verskaf

Amanda van Tonder, ʼn 8-jarige dogtertjie van Brits, Noordwes, sterk in die Pretoria-Oos-hospitaal aan nadat sy Dinsdagmiddag deur ʼn hond verskeur is.

Volgens haar ma, Elzet, het Amanda en haar sussie saam hul pa, Kerneels, by familie gaan kuier toe sy deur ʼn Duitse herdershond (Alsatian) aangeval is. Sy het sowat 15 bytplekke aan haar gesig en kop opgedoen. Sy is na die MediClinic in Brits gejaag waar sy gestabiliseer is. Sy is daarna na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem vir spesialis behandeling.
Elzet het Woensdagoggend op die Facebook-blad, Angel Children Updates, gesê: “Amanda is in die herstelkamer besig om wakker te word. Haar speeksel pyp was ook uitgeruk. Hulle het dit reg gemaak. Haar ooglede was byna afgeskeur, hulle dit geheg. Sy gaan baie seer hê. Dan moet sy volgende week Dinsdag terugkom want haar steke moet onder narkose uitgehaal word.” [sic]

Volgens Elzet is Amanda ‘n lewenslustige kind wat altyd lag en gesels. Sy is ook baie waaghalsig en liefdevol. “Sy het as baba die dood oorwin toe sy die Aden-virus gekry het. Sy was nooit lief vir dokters of hospitale nie. Sy is ‘n pragtige blouoog, langhaar meisiekind en top presteerder by haar skool, Laerskool De Kroon [sic],” het Elzet geskryf.

Kerneels het Woensdag almal bedank wat saam hulle gebid het deur die nag terwyl haar dokter hul “pragtige poppie weer heel gemaak het”. “Amanda moes letterlik 1000de steke kry, maar lyk soos geen Frankenstein. As alles goed gaan, gaan sy al vandag huis toe. Prys ons wonderlike Heer, [sic]” het hy gesê.

Intussen doen valse gerugte die rondte dat Amanda gesterf het. Marlien Pieterse, Elzet se suster, het aan Maroela Media bevestig dat Amanda besig is om te herstel. Angel Children Updates het ook ʼn versoek gerig om nie die gerugte te glo wat rondgestuur word nie. “Amanda lewe en sy was vir baie lank in die teater gisteraand. Amanda se ouers en susters is op die blad en dit ontstel hul om te lees wat gevra word. Asseblief ignoreer alle BBM-boodskappe en Facebook-groepe wat die strooi plaas [sic],” het Mariska Botha en Annika Heymans, die groep se administrateurs, versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mariska ·

Baie dankie vir die berig en regstelling dat Amanda mooi verbeter

Desere smit ·

Amanda alle beter skap pop mag God jou seen en gou gesond maak. Liefde groette.

Trudie ·

Ons is die Here so dankbaar dat hy haar lewetjie gespaar het en dat dit nou so goed gaan met haar. Mag ons Hemelse Vader al die letsels laat genees met Sy liefdevolle Hande maar ook die innerlike letsels. Vertrou dat dit verder baie goed sal gaan met die kleinding.

A.Massyn ·

Ek kry die arme Amanda baie jammer,en hoop dat die herstel pad baie vinnig gestap sal word, maar dis die ouers se antwoordelikheid om na hul kinders om te sien. jy los nie net jou kind by familie se diere om te speel nie. Ek hoop die ouers van Amanda kan saans met hul gewete gaan slaap, ek sal nie my kind by n vreemde hond los nie.

bitch ·

Geagte A Massyn

die berig sê hulle was by familie gewees en nie vreemdelinge nie. ‘n ongeluk gebeur in ‘n oogwink maak nie saak waar jy is nie. So ek sal dit waardeur as jy nie sulke aantuigings maak nie.

Die Ouers is al deur baie en die insident was reeds so erg, dat daar nie nodig is om so opmerkings te maak nie. daar was al baie gevalle gewees dat mense se eie troeteldiere die kinders byt.

PS gaan soek vermaaklikheid op ‘n ander plek.

vetroulik

A.Massyn ·

Geagte Bitch

Duidelik kan jy nie lees nie ek het nie vreemdelinge gesê nie en ek haal ‘n deel van my kommentaar aan net om jou reg te help “……… jy los nie net jou kind by familie se diere om te speel nie……….ek sal nie my kind by n vreemde hond los nie”

Die hond het slegs gereageer omdat hy bedreig gevoel het, dis wat honde doen. (Net soos ‘n mens sal reageer as iemand jou persoonlike spasie binne dring)

Dr. J Meiring ·

Geagte A Massyn

Wat U nou hier vir ons wil se is JOU kinders sit heel dag vas gevange in U huis!?
Hoe kan jy die skuld vir die ouers gee? enige NORMALE kind gaan met FAMILIE honde speel. jy kan nie sulke aantuigings maak nie!

n Kind wat buite speel en in aan raaking kom met huis diere is n GESONDE kind! n kind wat soos n gevangene in die huis toegesluit word is NIE GESOND nie, dit veroorsaak oorgewig kinders wat ongesond lewe en heel dag tv kyk en op die internet rond speel met dinge wat hulle nie traak nie. Moet jy nie sulke aantuigings maak as jy nie n idee het wat in daardie huis aangaan nie! SKAAM JOU!!!!!!!!

Groete
J Meiring

A.Massyn ·

Geagte Dr.J. Meiring,

Net om U gerus te stel, Nee my kind is nie heel dag in die huis nie, inteendeel sy is baie aktief.

Ek blameer die Ouers omdat die ouers nie daarin geslaag het om hul kind te beskerm nie. Tog as ek na ander familie gaan, hou ek my kind ‘n goeie afstand vanaf onbekende honde. Onthou kinders is gewoond daar aan dat hulle met hul eie honde kan doen soos wat hul wil, en tot waar die hond hom/haar sal toe laat.

En wannneer my kind buite in my eie erf speel maak ek seker dat die Groot Honde toe gemaak is (Rotweiler, Rufrug) Ek bring baie tyd saam my kind deur, en stel ook my kind bloot aan ander diere soos Slange, Bearded Dragons en Chinchillas. Sodat sy kan vas stel dat sekere diere GEVAARLIK is.

Ja ek is bewus dat elke huis sy kruis het, maar tog ek as Moeder gee om vir my kind (want n mens se kind/ers is aan n mens geleen deur God net vir n tydperk, en soms word dit kort geknip oor menslike foute in die Education gebied)

Hoekom moet ek myself skaam, almal pin point dat dit altyd die dier se skuld is, maar in die geval glo ek dat die hond onskuldig is.

A.Massyn

Wilma ·

Mense asseblief? As jul vir Amandatjie bid stop om die ouers te blameer. Bid en oordeel stap nie hand aan hand nie. Ek stem saam met die Dr. ,n kind moet buite speel en met diere in aanraking kom. Anders om sal daar net vet, ongesonde siek kinders wees. Asseblief hou op oordeel jul is niks beter nie. Die oordeel kom ons hemelse vader toe en nie die mens nie

amanda ·

ek stem heeltemal saam! hoekom moet die ouers geblameer word! daar is honderde sulke aanvalle elke jaar, so is al daardie aanvalle ook die ouers se skuld, ek glo nie so nie!

Ronell ·

Ons bid saam met die familie en glo in ons Hemel se Vader dat hy haar sal dra deur al die pyn en die gesond word. All ons liefde

Stepfanie ·

Ons is almal so dankbaar dat die Liewe Heer Amanda beskerm het deur hierdie gebeurtenis, sy was permanent in ons gedagtes en gebede.
Mag sy weer vinnig haar pragtige self wees en dat die letsels vinnig sal genees – oor ‘n paar maande gaan ‘n mens nie eers weet dit het gebeur nie.

Mag sy ‘n voorspoedige hersel hê.

Baie liefde
De Wet gesin
xoxoxox

Hannelie Horn ·

Baie baie sterkte aan klein Amanda en haar familie. Jesus net U weet wanneer ons gereed is. En ons weet dat U nog baie planne met klein Amanda het. U is tog ons Groot Geneser. Aan Massyn moenie klippe gooi. Ek is ook deur ‘n hond gebyt, die hond was nie eens in sy eienaar se erf nie. Ongelukke gebeur, moenie die ouers blameer. Bid saam ons almal vir hulle, dis op die stadium die regte ding om te doen.

June De Wit ·

Dit is so jammer om te hoor ek hoop sy sterk vinning en ek sal bid vir hul as gesin. Asseblief mense ek het ook 6 GSD honde(alsations) nie almal is dieselfde nie Niemand kan se dit is die dier se skuld nie moet nie net aantuigings maak nie Ek stem saam met Dr Meiring kinders moet biute speel anders is hul nie kinders nie ons kan nie die ouers kwalik neem nie of die dier totdat n mens presies weet hoekom het die hond gebyt

LIZETTE ·

hi ek wil net graag aan die familie se strekte ons dink aan julle. en mag sy net mooi herstel. en glo net dat alles ok gaan wees. en sy gaan weer n pragtige dogtertjie wees wat almal ken en mee speel. julle is in my gebede.

liefte
lizette

Lettie ·

Kerneels, Elzet en kinders, ons bid vir julle en weet Amanda gaan mooi herstel. Vergeet die mense wat negatief is en julle probeer sleg sê. As daar enigeiets is wat ons kan doen om te help, laat net weet asseblief.
Liefde
Buurvrou

Jaypee ·

Alle sterkte en voorspoed vir julle as gesin, ons dra jul in ons gebede en gedagtes en ‘n vinnige herstel vir Amanda word haar toegewens.

Susan ·

Skiet die HOND VREK. BAIE BLY AMANDA IS GERED DANK DIE VADER. GOD IS GROOT EN ALMAGTIG.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

nikki ·

wens net mense wil ophou om goed uit verband te ruk! ons dank die liewe Vader dat Hy haar in tyd van Nood haar styf vasgehou het!!

Carol ·

Wat het REGTIG PRESIES hier gebeur? Het die kind dalk die hond getart, was sy by sy/haar kosbakke, of die hond gepla toe hy/sy geslaap het, of dalk gehardloop en gespeel saam met ander kinders ~ dit alles kan honde, veral groot, “aggressiewe” tipe honde ontstel? Of het die hond sommer net vanself (nie onmoontlik nie, maar baie onwaarskynlik) op die kind afgestorm sonder rede ??? Is die hond dalk oud, siek, het hy/sy pyn? Daar moet tog een of ander rede voor wees. Altyd moet die hond dadelik van kant gemaak word ~ maar wat het gelei tot sy/haar optrede ???

Suzette ·

Ek hoop die meisie word gou gesond. Dis jammer dat die diere altyd die skuld moet kry. Don’t blame the dog blame the owner. Susan dit is vir my baie hartseer om te sien dat jy in een sin kan se skiet die hond vrek, daai hond is ook deur Die Vader wat Groot en Almagtig is geskape.

JC ·

@Suzette ek stem 100% saam met jou dont blame the the dog blame the owner, was daar n hek oop?hoe het die hond uitgekom? weet duitse herders honde het n reputasie om kinders in hul gesigte te byt, maar dink dis onnodig om die dier uit te sit ja ek is jammer vir wat met die kind gebeur het. n storie het altyd twee kante, die eienaars van die hond het moontlik die hek oop vergeet. Sterkte vir Amanda ek hoop sy word gou gesond.

Corrie Bezuidenhout ·

More wil net weet hoe gaan dit met Amanda. Sterkte met die gesin

JC ·

@Susan ken jy die volle storie hoekom die hond die kind gebyt het? Soos Carol se dalk het daar sekere dinge gebuer wat die hond gemaak het om die kind aan te val as kind het ek n herders hond gehad en ek was om en by haar onderdom en myne het my nie een keer gebyt nie – so asb die hond het net soveel reg om te lewe soos n mens-as jy iemand wil blameer – blameer die eienaars dalk het hul die hek oopgelos of hoe het Amanda toegaan tot die hond gekry?

Spokie ·

Ek hoop sy word vinnig gesond en hou nie letsel oor nie, ons sê Dankie aan ons Almagtige Vader dat hy sy wakende hand oor haar gehou het en nog steeds hou, Alle sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.