Meisie uit skoolkoshuis geskors vir “seksuele misdrywe”

Argieffoto

ʼn Graad 12-leerling aan Blue Hills Kollege in Midrand is uit die skool se koshuis geskors nadat sy glo ander meisies seksueel geteister het.

The Star het Woensdag berig die 18-jarige leerling is op 20 Januarie skuldig bevind aan twee oortredings wat verband hou met seksuele teistering. Sy het na bewering ʼn meisie op die skoolgronde gesoen en ʼn bed met ʼn ander meisie gedeel.

Haar ouers is ontstoke en sê hoewel sy die skoolreëls oortree het, is die skorsing te streng en is die regte prosedures nie gevolg nie. Die meisie is nie van die skool self geskors nie, maar kon sedert die skorsing nie skool bywoon nie omdat haar ouers nie daaglikse pendelkostes kan bekostig nie. Hulle bly in Westonaria, sowat 90km van Midrand.

Chief Ndlovu, die skool se bemarkingsbestuurder, het aan die koerant gesê hulle duld nie seksuele interaksie op die skoolgronde nie. “Die meisie se seksuele voorkeure het geen rol gespeel in haar skorsing nie,” het Ndlovu gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.