Meisie verdrink by Wild Coast Sun

ʼn 15-jarige meisie het Donderdagmiddag by Wild Coast Sun Casino se strand verdrink. ʼn Ander meisie wat saam met haar geswem het, het amper verdrink.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het lewensredders gesien die twee meisies het in die moeilikheid beland terwyl hulle in die see gaan swem het, en tot hulle hulp gesnel. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is ook ontbied.

“Die 15-jarige meisie was bewusteloos toe sy uit die water gehaal is. Paramedici het meer as ʼn uur lank KPR toegepas voor hulle haar op die toneel dood verklaar het,” het Steinmann gesê.

Die ander meisie is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.