Meisie verkrag na Twitter ontmoeting

’n 13-jarige meisie is glo in haar huis verkrag ná sy ʼn man, wat sy deur Twitter leer ken het, daar ontmoet het.

Volgens kaptein Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het die hoërskoolmeisie op 12 Maart stokkiesgedraai en met die man gereël om haar by haar huis in die Silver Lakes-gholflandgoed in die ooste van Pretoria, te ontmoet.

Volgens Van der Merwe het die meisie ’n geruime tyd met die man op Twitter gepraat. Hy het nooit ’n foto van homself op sy profiel gehad nie en sy was onder die indruk dat hy ʼn jong man was.

“Toe die meisie die deur oopmaak, het sy besef hy is baie ouer as wat sy gedink het,” het Van der Merwe aan Beeld gesê.

“Die meisie het die deur probeer toedruk, maar die man het die deur oopgedwing. Sy het van hom probeer wegkom, maar kon nie. Hy het haar verkrag.”

Die man (45) is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag vir die tweede keer op ’n aanklag van verkragting in die Pretoriase landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding.

Lees die volle storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.