Meisie verloor vinger na kobra haar pik

Mosambiekse spoegkobra Foto: http://wild4photographicsafaris.blogspot.com

Die vyfjarige Mikayla Robbertse gaan haar middelvinger verloor nadat sy verlede week deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is.

Die Star berig dat van die spiere in Mikayla se arm verwyder is. Mikayla se ouma, Charmaine Robbertse, sê haar kleindogter is Woensdag geopereer. “Die dokters moes spierweefsel van haar hand en arm verwyder. Hulle sê die gif het ʼn tonnel deur die spiere gevreet.” Mikayla se middelvinger sal Saterdag geamputeer word. Dokters was bekommerd dat die slang se gif weefselskade kon veroorsaak en sy haar hand kon verloor. Die slang het Mikayla op haar elmboog en hand gepik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.