Meisie word uit huis gejaag, word verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is Woensdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir statutêre verkragting nadat sy meisie by hom moes oorslaap nadat haar pa haar uit die huis uit gejaag het.

Die man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die voorval het in Februarie gebeur. Die 14-jarige meisie se ouers het haar na ʼn snoepwinkel in die Nqwelezane-omgewing gestuur. Sy het te lank geneem om terug te keer huis toe, omdat sy saam haar kêrel gekuier het. “Sy het laat by die huis aangekom en haar woedende pa het haar uit die huis uit gejaag,” het Zwane gesê. “Sy is toe na haar kêrel se huis waar hulle aan seksuele aktiwiteite deelgeneem het.”

Haar ma het die volgende dag ʼn saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en die man is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

As sy gewillig was (wat ek glo sy was), waarom dan die perd aankla … dis mos waarmee baie jonges hul besig hou in plaas van om te konsentreer op skoolwerk.

Nou wat sê die pa nou … en dan, wat de hel soek ‘n 14-jarige saam met ‘n 22-jarige ? Dis mos moeilikheid soek !

Sommer net ek ·

Ek hoop dai regter het die vraag vir haar ma en kwaai Pa gevra…!!! Jy slaan die spyker op die kop. Was ma bewus van die verhouding? Wat het sy gedoen toe sy nou hoor haar dogter se “kerel” is 22 jaar oud…Was die “verkragter” ooit aan huis by hulle?…my die kans gee om die ma en Pa ‘n paar vrae te antwoord…en was sy oppad “tuck shop toe” om meel te koop – of oppad Shebeen toe vir pa se bier??? Want as dit Meel was sou haar ma die een gewees het wat “woedend” was siende haar werk vertraag is…hierdie goetters krap my om!!!!

german ·

It takes 2 to tango. Maar die Pa is ook skuldig omdat hy help skep het aan die geleentheid om te kan tango. Hoe de he’ll jaag jy jou meisiekind uit die huis op 14? Of enige ander ouderdom for that matter? Dis disfunksionele huishoudings wat so maak. Hoekom word die ouers nie ook aangekla nie. Of is dit maar weer ‘n geval van “its their culture, you can do nothing about it” ongeag van wat die wet se?

Sommer net ek ·

Dit is nie reg vir my nie! Nee – die “kerel” moes van beter geweet het – ek stem saam! Maar ek hoop die regter wat hom tronk toe gestuur het – het die ma ook aan gekla – en die woedende Pa ook. Wie is die oorsaak dat sy haar “soos ‘n groot vrou” gedra het…het die ouers nie ‘n aandeel in wat hier gebeur het nie? Maar die ma en die pa – moet verseker weet jy jaag nie ‘n 14 jarige uit die huis uit nie – ag ek mors my ink…kort en lank – hulle is net so sleg en basta!

vuurvreter ·

More Trippie, kla die gemors van n pa aan want wie jaag jou eie kind weg op 14??? Dis siek man. Ek sal nie eers my eie hond weg jaag nie. Sys natuulik in ha pa se sorg geplaas, sy moet saa$m met hom 5 jaar gaan sit.

Jasper ·

Die pa het haar uit gejaag om te gaan geld verdien. In meer as 350 jaar het nog niks verander nie.

Annamarie ·

Ek sal se jy vra eers vra hoekom het jy so lank weg gebly en wat was jou rede.`n Pa jaag nie sommer `n dogter uit die huis uit nie omdat sy te lank weg gebly het nie.Waar heen moes sy gaan ?Sy dink toe die regte plek is haar kerel en dat sy die nag daar kan deur bring.Wat het hy gedink om met haar seksuele om te gaan en hy kon net so wel haar broer gewees het.Wat hy gedoen het was nie reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.