Mej. Heelal 2012 is….

Mej. Heelal 2012 Olivia Culpo. Foto: Facebook

Die wenner van vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie is ʼn kort ruk gelede by die Planet Hollywod Hotel en Casino in Las Vegas aangekondig.

Olivia Culpo, Mej. VSA, is die nuwe Mej. Heelal 2012. Culpo het die kroon ontvang van Mej. Heelal 2011 Leila Lopes van Angola. Janine Tugonon van die Filippyne is die eerste prinses en Irene Quintero van Venezuela die tweede prinses. Suid-Afrika se Melina Bam kon wel daarin slaag om die Top 10 te haal. Bam het gehoop om die tweede Suid-Afrikaner te word wat die kompetisie wen na Margaret Gardiner dit in 1978 gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.