Mej. Heelal is Saterdagaand in Moskou by die Crocus-stadsaal gekroon.
Gabriela Isler (25) van Venezuela het met die kroon weggestap. Sy is die sewende vrou van Venezuela wat dié eer ontvang. Sy was glo geskok toe die aankondiging gemaak is en het eers besef sy het gewen toe verlede jaar se wenner, Olivia Culpo, die kroon op haar kop geplaas het. Die kroon het afgeval, maar sy het met ‘n glimlag die kroon gevang en teruggeplaas. Klik hier om meer te lees en nog foto’s te sien.
Patricia Yurena Rodriguez van Spanje is as die eerste prinses aangewys en Constanza Baez van Ecuador is die tweede prinses.
Altesaam 86 jong vroue van ses kontinente het aan die kompetisie deelgeneem.
Isler sal Sondag haar eerste amptelike fotosessie in ‘n diamant-bikini van $1 miljoen onderneem.
Marilyn Ramos (22) van Klerksdorp het Suid-Afrika by die kompetisie verteenwoordig.