ʼn 21-jarige student van Klerksdorp is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Sun City as die nuwe Mej. SA gekroon.
The New Age berig dat Marilyn Ramos gisteraand as die nuwe Mej. SA gekroon is. Sy studeer tans binnenshuise argitektuur aan die Inscape Design College in Pretoria. Die eerste prinses is Stacey Webb van Kaapstad terwyl Pearle Nxele van Natal as die tweede prinses aangewys is. Ramos se voorganger, Melinda Bam, kon nie gisteraand se glansgeleentheid bywoon nie aangesien sy tans in Las Vegas is vir die Mej. Heelal-kompetisie. Die finale ronde vind op 19 Desember plaas. Ramona Moodley, Bam se tweede prinses, het gisteraand die kroon aan Ramos oorhandig.