Mej. SA onttrek glo hieroor…

Melinda Bam. Foto:ubu.co.za

Die rede waarom Melinda Bam, die huidige Mej. SA, van die Mej. Wêreld-kompetisie onttrek het, het moontlik aan die lig gekom.

’n Bron na aan die Mej. SA-kompetisie het die nuus aan ʼn Sondag-koerant uitgelap. Rapport het Maandag aanlyn berig dat ʼn kosmetiese borsvergrotingsoperasie glo die rede is waarom Bam (23) verlede week skielik aan die Mej. Wêreld-kompetisie onttrek het.

Bam en haar woordvoerders het vroeër gesê sy onttrek weens “persoon­like redes” en wou nie verder oor die aangeleentheid uitbrei nie. Verskeie gerugte het sedertdien op Twitter soos ʼn veldbrand versprei, onder andere dat ʼn sekere webwerf naakte foto’s van haar besit en wou publiseer. Daar is ook bespiegel dat sy dalk swanger is. Dié gerugte is afgelag.

Die koerant berig die skoonheidskoningin het glo reeds ’n plastiese chirurg oor ’n borsvergroting genader. Sy het die saak ook met haar voorgangers, Cindy Nell en Nicole Flint, bespreek. Met ’n groter bra-grootte het sy dalk ’n beter kans om in Desember as Mej. Heelal gekroon te word.

Bam het eers die gerugte aan die koerant ontken. Sy het egter hierna toegegee dat sy dit wel met Nell en Flint bespreek het.

Bam se eerste prinses, Remona Moodley, gaan in haar plek aan die Mej. Wêreld-kompetisie deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nicoline ·

Dis nou stupid….sy’s mooi genoeg en baie ander wat aan die kompetisie deelneem,het klaar vergrotings gehad.As ek moes-sou ek eerder my neus effe laat verkort,as ek nou sy was!Dit sou haar kans 100% vergroot om te wen…die res van haar en haar persoonlikheid is volmaak genoeg!

sustersarah ·

Ag nee man. Weet jy, as God jou so mooi geskape het, dan tree jy nie so ondankbaar op nie! Ek is bitter teleurgesteld in haar!

Annie ·

Fake boobs of te nie wat maak dit saak sy is pragtig, dit is wat binne tel, en pragtig is sy defnitief buite ook moenie kanseleer gaan voort moenie jou kop stamp wat ander mense te se het nie, hulle is net jaloers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.