Melinda Bam oppad na Mej. Heelal-kompetisie

Melinda Bam, ZAlebs

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, vertrek Vrydag na Las Vegas om aan die Mej. Heelal-kompetisie wat op 19 Desember by die Planet Hollywood Resort and Casino plaasvind, deel te neem.

Bam het vroeër die jaar uit die Mej. Wêreld-kompetisie onttrek weens “persoonlike redes”, maar gerugte oor naakfoto’s het kort daarna die rondte begin doen. Bam is egter vol moed dat sy die kroon namens Suid-Afrika gaan dra, berig ZAlebs. “Ek vertrek op 9 November. My voorbereiding het goed afgeloop en ek is opgewonde om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig, het Bam vroeër in ‘n onderhoud met ZAlebs gesê.

Klik hier om ZAlebs se foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene Davies ·

Voorspoed vir die kompetisie Melinda. Dis werklik belaglik die gerugte wat die rondte gedoen het oor haar onttrekking aan Mej. Wereld kompetisie. S.A is in elk geval 1 van min lande wat dieselfde persoon stuur vir albei kompetisies. Sy mik om Mej Heelal te wen. Die wenner is seker van ‘n eie besigheid deur middel van Donald Trump. Dit was haar mikpunt van die begin. Ek hou styf duim vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.