Melkboer op plot aangeval

ʼn 64-jarige melkboer van Bronkhorstspruit, Gauteng, is vroeg Dinsdagoggend in sy huis aangeval terwyl hy geslaap het.

Johannes Japhta, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê vyf verdagtes het die boer se kleinhoewe betree en toegang tot die huis gekry deur ʼn boomstomp deur die boer se slaapkamervenster te gooi. Hulle het hom oorval en aangerand.

“ʼn Man en vrou wat in die huis bly, het die boer se hulpkrete gehoor. Die man het ʼn waarskuwingskoot geskiet waarna die rowers te voet gevlug het. Die paartjie het die beseerde boer op sy slaapkamper se vloer aangetref. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Japhta gesê.

Na wat verneem word, is slegs die boer se selfoon gesteel. Volgens ooggetuies was van die mans gewapen.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.