Menlyn-sentrum weer veilig ná bomdreigement

Werknemers en klante buite die sentrum Foto deur die gebruiker @garsfontein op Twitter gelaai

Menlyn-winkelsentrum in Pretoria moes Maandag ontruim word nadat ʼn bomdreigement ontvang is.

“Ons het ʼn telefoonoproep ontvang dat daar ʼn bom in die Absa-bank is,” het ʼn woordvoerder van die winkelsentrum, wat anoniem wou bly, aan Maroela Media bevestig. “Die hele sentrum is ontruim en die polisie en die honde-eenheid het die bank en gebou deursoek.”

Johan Pieterse van die Pretoriase nooddienste het aan Maroela Media gesê hulle was op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas indien daar wel iets sou gebeur, maar hy kan bevestig dat die gebou veilig verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.