“Mens moet net sterk staan,” sê Ina Bonnette

Ina Bonnette Woensdag in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Video van Johan Kotze waar hy Dinsdag in die hof verskyn het, volg onderaan die berig.Regter Bert Bam het Woensdag tydens vonnisoplegging gesê veroordeelde moordenaar Johan Kotze lyk “inherent boos”.

Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, en sy drie medepligtiges is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof elk lewenslange tronkstraf opgelê. Kotze en Andries Sithole is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Conrad Bonnette (19). Hy was Ina Bonnette, Kotze se eksvrou, se seun. Pieta Mohlane en Sello Mphaka is vrygespreek op die moordklag.

Al vier mans het 10 jaar tronkstraf gekry vir ontvoering en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die klagtes van verkragting.

Kotze is ‘n verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en sy drie medepligtiges het hiervoor agt jaar tronkstraf ontvang.

Ina Bonnette is op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle aangeval en gemartel. Conrad is op dieselfde dag in dieselfde huis doodgeskiet.

“Dit was ‘n sinnelose daad,” het Bam gesê.

Bam het gesê daar was drie aspekte wat in berekening gebring moet word wanneer daar op ‘n vonnis besluit word. Dit sluit die aard van die misdaad, die persoonlike omstandighede van die beskuldigde en die gemeenskap se belange in. “Sekere dade, soos moord met voorbedagte rade en bendeverkragting, dra ‘n verpligte lewenslange tronkstraf.”

“Conrad se moord was beplan. Dit was moord met voorbedagte rade,” het Bam bygevoeg.

Hy sê die beskuldigde se persoonlike omstandighede was minder belangrik as die verswarende faktore in dié saak.

Ina kon hoor hoe Conrad doodgeskiet word. “Ondanks die feit dat hy om sy lewe gepleit het, is hy vermoor. Dit het tot Ina se trauma bygedra.”

Bam sê Ina is erg beseer en verkrag deur drie gemaskerde mans, en ‘n man wat sy vertrou het. “’n Meer skokkende en traumatiese ervaring is ondenkbaar.”

“Die trauma en vernedering wat sy ondergaan het is moeilik om te beskryf. Haar aanranding moet in ‘n ernstige lig beskou word. Die beserings was ernstig van aard en het haar ook met sielkundige skade gelaat.”

Hy het vlugtig geraak aan die versagtende aspek van berou tydens sy vonnisoplegging. “Berou geld slegs vir versagtende omstandighede, nie vir verswarende omstandighede nie,” het hy verduidelik. “Daar was in dié geval egter geen berou van enige van die beskuldigdes nie.”

“Daar was geen rede om af te wyk van die voorgeskrewe vonnisse nie. Die verswarende omstandighede in die saak is oorweldigend.”

Bam sê dit wou voorkom of Kotze uitermatig jaloers was op Bonnette.

Bonnette, wat die hofverrigtinge Woensdag bygewoon het, het begin huil toe die vonnisse opgelê is. Haar familielede en vriende het haar ondersteun. “Mens moet net sterk staan,” het sy ná die vonnis gesê. Sy doen ‘n beroep op slagoffers van mishandeling om die misdaad aan te meld en seker te maak dat hulle die regte kanale volg. “Jesus plaas ons elkeen op aarde vir ‘n doel, en daardie doel is nie om iemand te mishandel nie. Geregtigheid het geskied. [Kotze] verdien sy vonnis.”

Sy sê die vonnisoplegging is die begin van ‘n nuwe fase van haar lewe. “Tyd sal die vernedering genees, maar die seer sal nooit weggaan nie.”

Sy sê sy sal na haar seun se graf gaan en lank met hom praat. “En ek sal vir hom kan sê, ‘My kind, geregtigheid het geskied’.”

Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, het die vonnis verwelkom. “Geregtigheid het geskied,” het sy gesê, terwyl sy Bonnette se hand vasgehou het. “Ons hoop die vonnis bring vrede aan [Bonnette] en haar familie om te weet dat diegene wat haar geskend en haar seun vermoor het, nou finaal agter tralies is,” het Xingwana gesê. “Ons hoop die monster en sy medepligtiges sal vrot in die tronk.”

Kotze wou nie met die media praat nie en het hom na die aanhoudingselle gehaas.

Die regering het die vonnis verwelkom. “Hierdie gruwelike dade is vernederend, minagtend, en maak ‘n inbreuk op Ina Bonnette se regte,” het Nebo Legoabe, waarnemende hoof van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, (GCIS), gesê. “Hierdie saak stuur ‘n sterk waarskuwing dat die regering onwrikbaar is in sy toewyding om die seksuele misdaad te beveg.

‘n Video-insetsel volg onderaan die berig.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ en kie gevonnis
Hof stampvol vir ‘Modimolle-monster’-vonnis
‘Modimolle-monster’: Verdediging vra 15 jaar
‘Modimolle-monster’: “Ek hoop hy vrot in die tronk”
‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

Die volgende insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.