Mense aangemoedig om bloed te skenk

Donderdag is Internasionale Bloedskenkingsdag en mense word aangemoedig om hul moue op te rol en aan te meld.

Die Bloedoortappingsdiens in die Wes-Kaap sê minder mense skenk bloed gedurende winter. Marelise Mouton, woordvoerder, sê die provinsie benodig sowat 800 eenhede per dag om optimaal te funksioneer, maar dit is nie altyd moontlik nie. Sy sê die koue en nat weer beïnvloed skenkergetalle. “Daar is tye wanneer dit goed gaan en tye wanneer ons sukkel om genoeg skenkings te bekom. Wintermaande is veral ʼn droë seisoen,” het sy gesê.

Juniemaand is ook bloedskenkingsmaand op Maroela se splinternuwe gesondheidsblad, Perdfris. Klik hier om meer oor die tema van die maand te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.