“Mense sal teen die polisie in opstand kom” – Malema

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gesê mense sal teen die polisie in opstand kom as die polisie aanhou om op hulle te skiet, het The Star Dinsdag berig.

“Die mense sal in opstand kom as die polisie nie besef dat hulle hul houding vinnig moet verander nie,” het Malema Maandag aan ʼn groep inwoners in Relela, buite Tzaneen in Limpopo, gesê. “Hoe meer hulle aanhou om onskuldige siele te skiet, hoe meer word die veggees van ons mense aangewakker.”

Maroela Media het oor die afgelope twee weke berig oor opbouende spanning in die gebied. Dit het begin nadat die liggaam van ʼn skoolmeisie, Khomotso Raolane (15), in die omgewing gevind is. Daar is aanvanklik berig dat Raolane ‘n 20-jarige vrou was. Raolane is wreed vermoor en haar hande is afgesny. Sy is 24 Januarie dood aangetref met haar selfoon en sleutels in haar oopgesnyde maag. Die inwoners het in opstand gekom omdat hulle voel die polisie doen nie hul werk na behore nie.

Drie mense is sedert die inwoners begin betoog het, glo deur die polisie doodgeskiet.

Malema het aan die families van die drie slagoffers gratis regshulp aangebied om die regering te dagvaar. “Ons sal nie verdwyn nie. Ons sal saam met julle staan totdat geregtigheid geskied,” het hy gesê.

Lees ook:
Driejarige het in motor versmoor
Limpopo-betogers eis toegangsfooi ná chaos by informele nedersettings uitbreek
Kleuter se liggaam in motor gevind
“Hy wou net Malema ontmoet”
Polisie skiet glo 2 wat betoog oor vrou se gru-dood
Sesde polisie-skietdood vir jaar ná vrou se wrede moord
Gruvonds in Limpopo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grassie ·

As die “peoples” ophou om die polisie met klippe en petrolbomme te bestook en om polisiestasies en polisievoertuie aan die brand te steek sal die polisie ophou skiet. Daardie stommerik wil hê daar moet anargie wees, daarom probeer hy die polisie intimideer om nie hul plig te doen nie.

Frederick ·

Grassie, ek stem saam die Polisie moet hulself beskerm teen die barbarse optrede van die massas, maar wanneer gaan SAPD verantwoordelik gehou word vir hulle slegte diens aan die publiek. Ek weet nie eers die ware getalle van misdaad wat nie opgelos word, maar Polisie diens is pateties en tree op soos cowboys met hulle gewere. Mens kry sulke tipe optogte in Europese lande ook, maar die polisie skiet nie net links en regs nie!

Grassie ·

Frederick, `n baie groot deel van die polisiedienare is korrup, onbevoeg, onopgelei en bloot net skelm, veral dié wat deur Popctu beheer word. Daar is egter polisiemanne, al is hulle in die minderheid, wat goeie, geroepe polisiemanne is. Ons sien dikwels in die nuus hoedat plaasaanvallers binne enkele dae na die aanval aangekeer word of dat gewapende rowers hul rieme styfloop. Ons moet ernstig protesteer waar hulle oneties optree, maar ook ons waardering toon waar hulle goed doen.

Marieta ·

En more gooi hulle weer klippe en steek geboue en eiendom aan die brand, omdat hulle nie toegang tot biblioteke en polisiestasies het nie. Hondsdol diere word sonder versuim van kant gemaak. Moet die polisie dan nou handjies gevou sit as mense, wat van beter behoort te weet, dan erger as hondsdol diere optree? As Malema dan regtig so besorg was oor die mense, hoekom het hy nie die miljoene der miljoene rande wat hy op sy eie gemak en gerief bestee het nie, gebruik om werksgeleenthede en behuising vir die mense te voorsien nie? Enige normale mens met 2 breinselle sal in staat wees om vir hom of haarself te kan besef, dat Malema die mense net soos skape ter slagting lei om sy eie agendas te volvoer. Wat se dit dan van die mense wat hulle blindelings deur hom laat manipuleer?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.