Mense “voel veiliger as in dae van apartheid”, sê minister

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu by die St George’s Cathedral in Kaapstad op 11 April 2013 waar hy sy Templeton-prys ontvang het Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Bewerings deur emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste samelewings is, is Saterdag deur Phumla Williams, waarnemende woordvoerder vir die kabinet, verwerp.

“Navorsing het bewys dat mense in Suid-Afrika nou veiliger voel as tydens apartheid,” het Williams in ‘n verklaring gesê. “Dit is ‘n direkte gevolg van die implementering van die beleid en strategieë deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit sluit hoë polisiesigbaarheid en blitsige reaksie op kriminele aktiwiteit in.”

Tutu het Donderdag gesê Suid-Afrika het sy sin van selfwaarde verloor sedert die land die “geur van die maand” was toe apartheid in 1994 afgeskaf is, die Waarheids- en Versoeningskommissie ingestel is, en burgers die oorwinning van die Rugby-wêreldbeker gevier het. Tutu is Donderdag by ‘n seremonie in Kaapstad, waar hy sy Templeton-prys ontvang het, gevra in watter opsigte hy reken die land onsuksesvol is. Tutu het in sy antwoord op geweld en ongelykheid gekonsentreer. “Eenvoudig gestel, is ons bewus daarvan dat ons een van die gewelddadigste samelewings geword het. Dit is nie wat ons was nie, selfs nie onder apartheid nie,” het Tutu gesê.

“Volgens die polisie se statistiek het die vlak van gewelddadige misdade in die land aansienlik afgeneem,” het Williams gesê. “Aartsbiskop Tutu moet die vooruitgang erken wat die regering sedert die aanvangs van demokrasie gemaak het. Hy moet godsdienstige leiers en ander sleutel aandeelhouers aanmoedig om saam met die regering te werk om misdaad te bekamp.” Sy sê die regstelsel, misdaadvoorkoming en ministers van veiligheid het in 2010 ‘n ooreenkoms met pres. Jacob Zuma gesluit om te verseker dat alle Suid-Afrikaners veilig sal voel.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jeanette Byrne ·

Wonder watter drugs was sy op gewees toe sy daai stront gedroom het…..Praat met enige iemand op straat en almal is bang dat hulle dalk die volgende geweldadige teiken gaan word…..

Jenny ·

Mense wat destyds nie met die regering saamgestem het nie, het vir seker rede gehad om bang en vervolg te voel, en ook onskuldige mense in die omgewing van konfrontasies, maar deesdae is ALMAL in die land onveilig, maak nie saak aan watter kant van Jan Publiek se lyne jy is nie! Weg is die dae van oop erwe, kinders wat tot laat buite speel, motors en huise wat nooit gesluit is nie, geboue sonder diefwering, besighede sonder sekuriteit; selfs jou versekeringspolis vereis allerhande veiligheidsmaatreëls juis omdat die risiko vir diefstal en skade so groot is! Vergelyk vandag met 20 jaar gelede, me Williams…. Selfs jou eie huis is ‘n fort, of slaap jy rustig met jou deure en vensters oop…..?!

marthie ·

veiliger vir wie die regerings amptenare met hulle “body guards” seker maar moord doodslag op paaie polisie brutaliteit, verkragtings, huisroof,plaasmoorde daars te veel om op te noem en dan wil hy kom praat van veiliger voel laat hy soos gewone burgers in huise bly en sonder hulle lyfwagte orals heengaan en dan gaan hy ‘n ander storie sing

Tante Afrikana ·

Ja – net die misdadigers wat seker veilig voel, want hulle regeer die land. Deesdae het hulle alleen mos menseregte….. die res van ons sit en bewe agter ons veligheidsmure.

Etienne ·

Eish jou dom donner!! Ek weet nie in watter land jy die studie gaan doen het nie. Maar die plek waar ek myself bevind kan mens nie eers die polisie vertrou let alone julle dom woordvoerders en spreekbuise nie. Jy weet nie wat om jou aangaan nie. Kom terug Suid Afrika toe en experience dit jouself eerstehands voor jy snert kwytraak.

Mckayline ·

Ek dink sy rook haar kouse Sy bly definitief nie in dieselfde Suid-Afrika wat ons bly!! So moeg en gatvol vir die snert wat hulle kwytraak, rerig skrik wakker!!!

Stefanie Schwartz (Pretorius) ·

Ja-nee, hierdie nuutste ‘navorsing’ is inderdaad n baie swak grap! Net jammer daar is mense en lande wat dit glo – ons Suid Afrikane wil histeries word oor al die leuns wat uit magsposisies verkondig word terwyl die ‘vet katte’ hulself op die skouer klop omdat hulle so oulik is!!

mina ·

dit is om van naar te word hulle het dit seker gedroom die arme goed.

Jacques ·

Ek dink daardie persoon moet sonder hul lyfwagte begin rondloop en vir ons wys hoe veilig dit is. Lead by example!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.