“Mense wag vir my om dood te gaan” – Selebi

Jackie Selebi

Jackie Selebi

Die veroordeelde oud-polisiehoof, Jackie Selebi, sê dit wil voorkom of mense vir hom wag om dood te gaan, het die City Press Sondag berig.

“Dis moeilik wanneer jy mense teëkom wat die indruk skep dat hulle nie kan wag dat jy doodgaan nie,” het Selebi gesê. “Hulle sê dit nie in soveel woorde nie, maar mens kan aflei deur hulle optrede dat hulle nie kan wag nie. En as hulle dit vinniger kon laat gebeur, dan sou hulle dit sommer self doen.”

Die terminaalsieke Selebi het reageer op berigte dat hy in Pretoria inkopies gedoen het.

Selebi is op mediese parool vrygelaat nadat hy minder as ‘n jaar van sy vonnis uitgedien het. Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê vir bedrog.

Hy het erge nierversaking weens sy diabetes. Sy vrou, Anne Selebi, het haar werk bedank om voltyds na hom om te sien. Sy het aan die City Press gesê dit is nie maklik nie. “Dit is lekker om te sien dat hy beter word. Maar die berigte dat hy op die been en in die winkels is, maak seer. Jackie is siek. Hulle weet hy is siek. Dis net nou dat hy bietjie beter is en die dialise hou hom aan die gang,” het sy gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jasper ·

Hoe dan anders my liewe oompie ? Dit was die rede hoekom jy parool gekry het. As jy nie wil dood nie, terug tronk toe.

Erich Goosen ·

Ek wag nie daarvoor nie maar gaan ook geen traan stort as die onvermydelike gebeur nie. Vergeet van die mense en dink liewers wat wag vir jou in die hiernamaals.

Net-Ekke ·

Die fotos wat ek in die koerant gesien het, lyk selebi lekker vet en gesond ?

Johleine ·

Ai! Maar dis dan presies die verwagting en indruk wat jy by ons en die paroolraad geskep het??? Nou wil julle “ongelukkig” wees omdat ons anders SIEN en glo??? :P

Andre' ·

As so ‘n plaag almal wat so steel wil tref dink net watter goeie Regering die land sal kry!

Erich Goosen ·

Mnr Selebi, jy moet sterk staan in die geloof. Jou broeder in verdrukking, Shabir, speel nog gereeld golf en dissiplineer selfs sy joggie as hy nie die balletjie op die regte kolletjie sit wanneer dit in bosse beland nie.

Sarie van Niekerk ·

Selebi en sy regsverteenwoordigers saam met sy dokters het self die indruk geskep dat hy besig is om dood te gaan toe hy destyds op mediese parool vrygelaat is, so hy moet nie nou die vinger na ander mense wys en se die mense verwag dat hy moet dood wees nie. Sorry Selebi dit is of jy gaan nou dood of jy gaan nou terug tronk toe om jou tronkstraf uit te dien, die keuse is joune. Jy kan nie ander mense blameer vir wat hulle dink nie. Julle het die indruk geskep jy sou binne ‘n paar weke dood wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.