Mense weier om parkeer-en-ry-gebiede te verlaat

'n Polisiebeampte troos 'n roubeklaer by die Uniegebou Foto: Christine Vermooten/SAPA

‘n Polisiebeampte troos ‘n roubeklaer by die Uniegebou Foto: Christine Vermooten/SAPA

Die polisie is Vrydag na die onderskeie parkeer-en-ry-gebiede in Pretoria ontbied toe lede van die publiek geweier het om die terrein te verlaat nadat vervoer na die Uniegebou gekanselleer is.

Duisende mense wat by die Pretoria Skougronde staan en wag het om na die Uniegebou vervoer te word waar oud-president Nelson Mandela in staatsie lê, het sambrele en vingers na die metropolisiebeamptes gewys toe hulle aangesê is dat die aantal mense wat by die Uniegebou geakkommodeer kan word, kapasiteit bereik het.

“Ons het vir hulle probeer sê dat die parkeer-en-ry-gebied gesluit is, maar hulle wil nie luister nie,” het ‘n metropolisiebeampte by die skougronde gesê. Ses polisievoertuie het kort daarna by die toneel opgedaag.

Intussen stroom duisende mense nog te voet na die Uniegebou om die oud-staatsman se liggaam te sien.

Die kommunikasie-afdeling van die regering het vroeër die publiek aangeraai om nie na die Uniegebou te gaan nie, maar eerder op ‘n ander manier Mandela te groet.

Polisiemanne op perde het die mense versigtig teruggedruk.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.