Mensehandel-saak: Meisie glo aangehou tot sy verslaaf is

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

‘n 18-jarige meisie het Dinsdag aan die Durbanse streekshof gesê sy is in ‘n kamer toegesluit totdat sy verslaaf was aan “crack”-kokaïen.

Die meisie, wie se naam nie genoem mag word nie omdat sy in daardie stadium ‘n minderjarige was, het gesê sy moes haarself daarna tot prostitusie wend om haar verslawing te befonds. Sy het Vrydag haar 18e verjaarsdag gevier.

Die meisie getuig tans in ‘n saak teen dr. Genchen Rugnath en sy vrou Ravina, Sandile Patrick Zweni (36), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini. Dié vyf beskuldiges staar 156 klagtes in die gesig wat verband hou met mensehandel, swendelary en die bedryf van ‘n bordeel. Aanranding, verkragting en seksuele uitbuiting van ‘n kind word ook by die klagtes ingesluit. Hulle het almal onskuldig gepleit op alle aanklagte. Rugnath besit die Inn Town Lodge waar sommige van die beweerde misdade plaasgevind het.

Die meisie het aan die hof verduidelik dat ‘n vrou, wat net as Mbali bekend staan, in 2010 hulle genader het en beloof het om hulle te help om geld in die hande te kry nadat sy en ‘n vriendin nie meer geld gehad het om van die Workshop-winkelsentrum in Durban huis toe te gaan nie.

Die twee meisies is glo na Victoria Lodge geneem waar hulle vir vier dae lank aangehou is. Sy sê hulle het op die eerste dag glad nie die “crack”-kokaïen gerook wat Zweni hulle aangebied het nie, maar het besef dat hulle eers vrygelaat sal word wanneer hulle die dwelmmiddels inneem. “Volgens my kennis het hy sy makkers aangesê dat ons eers vrygelaat kan word wanneer ons verslaaf is aan die dwelms,” het die meisie getuig. “Dit vat nie baie lank voordat mens verslaaf is nie.”

Sy het getuig dat haar standaardprys vir seks R50 was, maar dat haar eerste kliënt R100 moes betaal. Staatsaanklaer Yuri Gangai het haar hieroor uitgevra. “Ek was nog nuut. Ek moes by hom sit, dwelms saam met hom rook en dan saam met hom slaap.” Sy was glo vier dae lank saam met die man in die hotelkamer. Haar betaling was nóg dwelms, wat sy by Zweni gekry het.

Sy het Dlamini en Dubazini as Zweni se makkers uitgeken.

Sy het ná Victoria Lodge glo deur die loop van die volgende jaar by verskillende plekke, insluitend die Inn Town Lodge, gewerk.

Sy het getuig dat sy, voordat Mbali haar genader het en sy by die Victoria Lodge aangehou is, nooit dwelms gebruik het nie. “Dit was nooit maklik nie. Om dwelmmiddels te gebruik en dan toe te laat dat iemand jou vashou is nie lekker nie,” het sy gesê.

Sy verduidelik dat mense in die buurt haar gereeld gevra het waarom sy ‘n prostituut is. “Mens weet nie wat om te antwoord nie. Mens wil na die persoon uitreik, maar jy kan nie van die dwelms afstand doen nie.”

Lees ook:
Mensehandel-saak uitgestel
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Weereens die vraag. Waarom nou eers na 156 gevalle, en dit is net waarvan hulle aangekla is. Hoe lank is hulle nie al bedrywig nie en hoeveel jong mense se lewe is so verwoes.

Jasper ·

Die regter sal moet wakker sit. Hiedie mense het LIEG uitgevind.

Maggie ·

Hoop nie die regter is so aan die slaap soos, die regters in ander dele van die land nie. Ek is bevrees ons regstelsel raak net so swak as ons regering.

Pieter Potgieter ·

Dit maak my hart so seer as ek die berig lees. Hoekom bly ons gereg so stadig. Hulle is skildig hoekom duur hofsake sluit hulle toe en gooi die sleutels weg. Duur Adv kry hul los miskien moet die adv wat hul verteenwoordig ook gaan sit hulle verberg die waarheid ten koste van die kinders. Kry al die Negerieers uit die land is hulle wat dwelm inbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.