Mensehandel-saak uitgestel

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Die hofsaak van ‘n dokter, sy vrou en drie ander oor mensehandel en verwante klagtes is Dinsdag in die Durbanse streekshof uitgestel.

Dr. Genchen Rugnath, sy vrou Ravina, Sandile Patrick Zweni (36), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini word van mensehandel aangekla en dat hulle ‘n bordeel bedryf het waar kinders so jonk as 12 jaar oud aangehou is. Al vyf het onskuldig gepleit op 156 aanklagte insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ‘n kind en swendelary. Rugnath besit die Down Town Lodge en die Inn Town Lodge waar die vermeende misdade plaasgevind het.

Staatsgetuie Dudu Shinga het Maandag aan die hof gesê prostitute het die hotel verlaat sodra personeellede hulle ingelig het dat Rugnath ‘n besoek gaan aflê. Klik hier om meer te lees.

Die staat het aansoek gedoen vir die uitstel om Shinga weer te ondersoek nadat kruisverhoor vroeër geëindig het.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Spaar jou tyd Swart Mamba … ken al die storie van Adv. Barbie, en Kotze en bla-bla-bla !

Noem dit vroegtydig sodat jy my nie weer aanvat in my afwesigheid nie.

***

Mensehandel en besoeke aan bordele is ‘n “BIG NO NO” !

Seg Net ·

Nou is jy onredelik Madam Trippie. Hoe moet ek weet dat jy afwesig is indien ek hier sit en jy daar? Wees redelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.