Mensehandel-saak: Verdagtes weer in hof

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Die hofsaak van ‘n Durbanse dokter, Genchen Rugnath, sy vrou, Ravina, en drie ander oor mensehandel en verwante klagtes word vandag weer in die Durban-landdroshof hervat.

Rugnath, Ravina, Sandile Patrick Zweni (36), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini word aangekla van mensehandel en dat hulle ‘n bordeel bedryf het waar kinders so jonk soos 12 jaar oud aangehou is. Al vyf het onskuldig gepleit op 156 aanklagte insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van kinders en swendelary. Rugnath besit die Down Town Lodge en die Inn Town Lodge waar die vermeende misdade plaasgevind het.

The Star het Donderdag berig dat die beskuldigdes se prokureur, Anand Nepaul, die egtheid van ‘n beëdigde verklaring van die ondersoekbeampte, ao. Cyril Freese, betwis. Dit kan daartoe lei dat bewyse wat by die Inn Town Lodge gevind is, ontoelaatbaar verklaar kan word.

Volgens die berig was daar teenstrydighede tussen Freese se oorspronklike verklaring en sy beëdigde verklaring. Nepaul het Woensdag aan die hof gesê hy het 14 verskille tussen die afskrifte van Freese se twee verklarings gekry.

Lees ook:
Mensehandel-saak: Meisie glo aangehou tot sy verslaaf is
Mensehandel-saak uitgestel
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.