Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sowat 45 klagtes teen die model, Jessica Leandra dos Santos, ontvang na sy Donderdag ʼn rassistiese uitlating op Twitter gemaak het. Die kommissie het egter teen Maandag geen klagtes teen Tshidi Thamana, ʼn aktrise wat die soortgelyke gedoen het, ontvang nie. Thamana het Sondag olie op die vuur gegooi met haar rassistiese reaksie op Dos Santos se oorspronklike boodskap.
Vincent Moaga, die kommissie se woordvoerder, skryf op hul webwerf hulle is bewus en bekommerd oor die misbruik van sosiale media om rassisme en diskriminasie aan te hits.
“Die kommissie is besig om verskeie klagtes te ondersoek na aanleiding van Dos Santos se opmerkings. Die kommissie het ook klagtes ontvang oor rassistiese opmerkings wat deur ander mense op Facebook oor die aangeleentheid gemaak is,” het hy gesê.
“Dos Santos het na bewering haar ondervinding gedeel na ʼn onderonsie met ʼn swart man, waarna sy verwys as die ‘k’-woord. Sy skep verder ook die mening dat swart mans vir verkragting van meisies verantwoordelik is. Sulke beweerde uitlatings dra by tot die steurende patroon op sosiale media en moet aangespreek word,” het hy geskryf.
Sien ook:
https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/fhm-model-vra-om-verskoning/
Ek is net verbaas om te sien dat julle net soos news24 net die een kant van die storie plaas. Hoekom is daar nie klagtes teen Tsidi nie? Omdat ons nie so kleinlik is soos die 45 klagtes wat wel ontvang is teen Jessica nie. Die berig van julle sou beter afgegaan het as daar gestipileer is dat hulle altwee verkeerd opgetree het!
Eensydige berig gewing is wat rasisme of beskuldigings daarvan aanblaas! Kom nou kan ons nooit staatmaak op eerlike berig gewing nie?
Waar kry mens die mense regte kommissie? Ek sal die eerste klag gaan lê!
Maryke by http://www.sahrc.org.za
wel ek het nou net op die internet n klagte gele teen die rassis en haatspraker , sal maar sien wat gebeur
pieter