Menseregtekommissie ondersoek World of Golf se ‘rasvoorval’

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC) sal ‘n beweerde rasvoorval by die World of Golf in Johannesburg ondersoek.

“Alhoewel die SAHRC nog nie ‘n kennisgewing of klag van die slagoffer, Nathan Maluleke, ontvang het nie, het hy ‘n klag van twee lede van die publiek ontvang,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die SAHRC, in ‘n verklaring gesê. Darryl Edges, eienaar van die World of Golf, het gesê ‘n besoeker aan die park het Maluleke, ‘n golfinstrukteur by die Gary Player Golf Experience, Saterdagaand rassisties mishandel. ‘n Stryery het uitgebreek en Maluleke is aangerand.

Mangena sê die SAHRC het die World of Golf versoek om sy ondersoekverslag met hulle te deel. Die SAHRC sal ook met Maluleke praat sodra hy ontslaan is. “Die kommissie veroordeel baie sterk enige rassistiese onverdraagsaamheid in enige vorm en moedig die publiek aan om met groter toewyding te poog om ‘n samelewing wat in respek, verdraagsaamheid en nie-rassisme gewortel is, te bereik.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.