Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort

Wes-Kaapse wetgewer Foto: Danie van der Merwe op Flickr http://www.flickr.com/photos/dvdmerwe/

Twee mans het aanspreeklikheid aanvaar nadat hulle menslike uitskot op die trappe van die Wes-Kaapse wetgewer gaan stort het as protes teen mobiele toilette, het die Cape Argus Dinsdag berig.

Loyiso Nkohla, ANC proporsionele raadslid en jeugligalid, en Andile Lili, voormalige ANC-raadslid en verbande jeugligalid, het glo gesê die storting is ʼn “waarskuwing” van dit wat kom. “Ons sal volgende week met duisende van hierdie emmertoilette terugkeer en dit rondom die gebou van die wetgewer uitkeer,” het Lili glo gesê. “Ons is reg om in hegtenis geneem te word en sal vir hierdie saak sterf.”

Die mans het Maandag omstreeks 12:00 na die wetgewer gestap en houers vol riool voor die polisie, wat in die ontvangslokaal gesit het, uitgegooi.

Die ANC-jeugliga het verantwoordelikheid ontken en die daad veroordeel. “Lili is nie meer ʼn lid nie en Nkohla sal hanteer word indien hy in sy kapasiteit as jeugligalid optree,” het Mfuzo Zenzile, streeksekretaris van die ANC-jeugliga, aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martie van graan ·

dit is mos n dreigement, hoe kan hulle so iets doen. dit is mos nie menslik nie.

Hein ·

As hierdie karakters optree in hulle “persoonlikke” hoedanigheid is die anc dan nou ontskeld van verantwoordelikheid? Wat n belaglikke argument
Hulle is anc ondersteuners, dus moet die cANCer pa staan vir wat hulle lede doen, en die anc moet verantwoordelik gehou word.
Hierdie is uit die asrd van die saak n nasionale regerings bevondsing probleem en nie plaaslik nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.