Mensweefsel in vleisprodukte gevind

Argieffoto

Wetenskaplikes het glo spore van mensweefsel in Suid-Afrikaanse vleisprodukte gevind.

Times Live berig dié bevindings is Dinsdag in die parlement voorgelê tydens besprekings oor vleisinspeksies. Louw Hoffman, ʼn wetenskaplike aan die Universiteit van Stellenbosch, sê hy en ʼn span wetenskaplikes het op die mensweefsel afgekom deur mikrobiese analise. “Menslike DNA is in van die vleismonster gevind wat ons lukraak getoets het, maar dit is nie ʼn aanduiding van ʼn risiko nie,” het Hoffman gesê.

Hy het verduidelik dat mensweefsel moontlik in die monsters kon beland het weens werkers wat die vleis hanteer het, wat dalk in hul neus gekrap het of op ʼn ander manier menslike weefsel kon afgee. Hy sê verder dit hou geen bedreiging vir die verbruik in nie.

Daar is ook bevind dat slegs 15% vleisprodukte wat aan verbruikers verkoop word, korrek op die verpakking aangedui is. Dit beteken dat 85% vleisprodukte twyfelagtig is en ander vleissoorte kan bevat.

Hoffman het gesê die produkte wat getoets is, meestal weense worsies en maalvleis was.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Angelique ·

dis “disgusting” soos ek sou se. dit hou nie ‘n bedreiging in nie – dis mense wat in hulle neuse gegrou het? ag neeeeee van donkie vleis na snot, ek dink ek moet maar ‘n vegetarier word. Nee sies man.

Charmaine Grobler ·

Eeeuw eeuw eeeuw eeeuw eeeeuw en weereens eeuw! Se assblief vir my hierdie is ‘n Aprilgek grappie. Snot in my kos, aggenee!

Suzette ·

Julle dink dis net neuse grou? Dink gou mooi waar krap mens nog?
Gedagte vir die dag:

Wat mens nie weet nie maak nie seer nie ne? Wel nou weet ons dit en nou kan ons nie die vleis produkte maklk eet nie. Wats volgende in ons voedsel?

Stephan ·

We have a right to know which producers’ product was tested. We also want to know if actions were taken, and if so what. Maybe we need to list the 85% as well.

Years ago I was told, that if I knew how Polonies and Pies were made, I would not touch it. Suppose that goes for all processed foods including Veggies.

Maria van der Berg ·

Gelukkig was en is ek nog nooit ‘n “vienna” mens nie!!!! Krisis dink moet vegetariër raak, waar gaan dit eindig???? Al hou dit geen bedreiging in nie net die idee daaraan verbonde is genoeg om my siek te maak, wat dink die vervaardigers ons is ‘n klomp kannibale??????? Dankie maar nee dankie!!!!!

Johannes ·

Die een wat die kouevleis maak het seker nog n snotneus ook, want hoekom trek dit so gou snotterig.

Marlene van der Berg ·

Wat nog? Vandag staan ek met die hoender worsies in my hand. Toe kry ek die visioen van vingers en tone wat gemaal word. Ek het dit dadelik weer neergesit. Nee wat ek is skoon naar. Gaan defnitief mooi dink voordat ek weer vienas ens koop.

Wilinda Ford ·

Sies! Dit is waarom ons glad nie wors, “polony” en enige patty eet nie! My man het vir baie jare ‘n slaghuis bestuur – hy het ons vertel wat alles in sommige produkte gebruik word.

annamie ·

weet julle wat gaan in die kombuise aan van daai lekker drive through kitskosplekke? Ek het gestaan en kyk hoe vee n persoon oor haar hele gesig en die volgende maak sy my hamburger sonder handskoene…..daars baie erger dinge as die weense worsies…..as een van jou huismense verkoue het, moet jy sien hoe lyk jou huis van daardie een se geniesery!

Riaan ·

nou weet ek hoekom wil my hond nie “viennas ” eet nie ‘ honde se neuse ruik mos alles.

ESTELLE OPPERMAN ·

Wie se nie die vleis van mense wat ingesit is is dalk moorde wat gepleeg is en die liggaame is opsoek maar nog steeds kan ek nie sonder vleis het probeer maar kan nie enige voorstelle van iemand asb dankie

Annatjie ·

Ek het so naar geword dat ek nooit weer enige vleis gaan eet nie, mens kan niemand meer vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.