Mentol-sigarette gaan dalk een van die dae nie meer in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die Sentrale Dwelmowerheid het gesê Suid-Afrika sal waarskynlik internasionale praktyk volg en ‘n verbod op mentol-sigarette plaas.
Peter Ucko, ʼn woordvoerder van die dwelmowerheid, het gesê hulle glo dat mentol-sigarette baie skadelik vir mense se gesondheid is.
Die Europese Unie (EU) het vroeër vanjaar mentol-sigarette verban en beveel dat 65% van sigaretverpakking uit gesondheidswaarskuwings moet bestaan. Die EU wil ook hê dat die verpakking van alle tabakprodukte eenkleurig moet wees in ‘n poging om verkope te verminder.
Bron: East Coast Radio
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Kan daar nie dalk iets uitkom op (die) mark vir mense wat wil ophou rook,iets kan gebruik wat hul dan naar maak,sodat hul nie weer aan n sigarette sal raak nie abs? Daar is iets so uit vir alcohol as hul dit inspuit en jy weer wil drink,dan maak dit mens bjaaa naar,wat n goeie ding is.nu kan hul nie so iets uitbring ook vir mense wat wil ophou rook abs?
Enige sigarette is nie gud vir mens se gesondheid nie.
Leer in hemelsnaam net eers SPEL – in Afrikaans !!!
Verban alle sigarette!
Sjoe, ek stem Griet!