Mentol-sigarette word dalk verban

sigaretMentol-sigarette gaan dalk een van die dae nie meer in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die Sentrale Dwelmowerheid het gesê Suid-Afrika sal waarskynlik internasionale praktyk volg en ‘n verbod op mentol-sigarette plaas.

Peter Ucko, ʼn woordvoerder van die dwelmowerheid, het gesê hulle glo dat mentol-sigarette baie skadelik vir mense se gesondheid is. 

Die Europese Unie (EU) het vroeër vanjaar mentol-sigarette verban en beveel dat 65% van sigaretverpakking uit gesondheidswaarskuwings moet bestaan. Die EU wil ook hê dat die verpakking van alle tabakprodukte eenkleurig moet wees in ‘n poging om verkope te verminder.

Bron: East Coast Radio 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

mev Pretorius,is daar nie dalk n produk uit wat mens kan gebruik,so as jy n sogarette wil aansteek,dan jou naar sal maak,dat jy nie weer aan sigarette sal raak nie.om sodoende op te hou rook? ·

Kan daar nie dalk iets uitkom op (die) mark vir mense wat wil ophou rook,iets kan gebruik wat hul dan naar maak,sodat hul nie weer aan n sigarette sal raak nie abs? Daar is iets so uit vir alcohol as hul dit inspuit en jy weer wil drink,dan maak dit mens bjaaa naar,wat n goeie ding is.nu kan hul nie so iets uitbring ook vir mense wat wil ophou rook abs?

mev Pretorius,is daar nie dalk n produk uit wat mens kan gebruik,so as jy n sogarette wil aansteek,dan jou naar sal maak,dat jy nie weer aan sigarette sal raak nie.om sodoende op te hou rook? ·

Enige sigarette is nie gud vir mens se gesondheid nie.

mev Pretorius,is daar nie dalk n produk uit wat mens kan gebruik,so as jy n sogarette wil aansteek,dan jou naar sal maak,dat jy nie weer aan sigarette sal raak nie.om sodoende op te hou rook? ·

Sal intressant wees om (die) ander mense se menings te lees oor (die) onderwerp!

Gas ·

Okay –
Dink jy die vervaardiger sal dit doen? So ‘n lekker sigaret verkoop wat ruik soos ‘n raffinadery se uitlaatgasse en proe soos uuhhmm net ‘n sigaret kan proe? En die Groot M ook gesonheidsbewus raak en jou hamburger vervang met ‘n gesondheidbroodtjie ? NEEEE. Of wag in die geval van sigarette JAAAAA. Dit het reeds teer , bensien, bitimun en Amoniak in ? Dit of enige van nog 60 chemikaliee (daarom is dit so duur) Vra enige nie-roker om ‘n sigaret te rook en kyk hoe naar word hy. Niks gaan ‘n roker verder afskrik nie, want hulle reuk en proesintuie is reeds ernstig berook.

As jy regtig wil ophou hou dan net op. 48uur later is jy oor die ergste ontrekkingsimtome , 72uur na jy opgehou het is die verslawing gebreek.En terwyl jy daardeur gaan byt net vir 3 minute vas as die lus jou oorval.

Oud roker.

Kevin Opperman ·

48 uur? Jy speel seker? 72uur vir die verslawing? Nee, wat! Jy weet beslis nie waarvan jy praat nie. Ek rook vir meer as ‘n jaar al nie meer nie en raak steeds elke dag nog lus vir ‘n sigaret. Dit het my, met behulp van medikasie, 3 maande gevat om van die “verslawing” ontslae te raak. Elke persoon is anders, maar jou tye maak geen sin nie.

Pierre ·

Ek is ‘n roker en verstaan die gevare wat daarmee saamgaan, maar moet die mensdom nie eerder meer konsentreer op die aantal mense wat hulle doodeet nie…

Wilna ·

Ek wens die ‘hogere’ mense wil begin om so bohaai te maak oor drank ook. Dis tog elkeen se eie keuse soos met als in jou lewe en op die einde van die dag is dit net jy wat met jou keuses se gevolge moet saamleef.
Ek rook eerder voor ek drink.

Nico ·

Ek mag verkeerd wees maar ek kry die indruk dat rook onder jong mense steeds toeneem. Ek sien net te veel jongmense wat rook.

tokkos ·

Ek verstaan nie waarom los hulle nie die mense die wat wil rook uit nie, laat hy rook daar is so baie ander gasse en bestralings en wie weet wat nog in die lug is wat bitter ongesond is , kyk oor tafelberg vroeg oggend en dan weer so 9 uur se kant dai berg kan jy amper nie sien nie van al die kar gasse die natuur sal weet wat om te doen kyk hoe oorbevolk is ons en al die gemors wat gepaard gaan en kyk die diereryk hulle balanseer hulle self uit, ons die mens raak te veel tot die diere moet ook al plek afstaan vir ons, as dit jou beurt is dan is dit so as mens moet sterf agv moord kan jy maar sterf van rook ook, ek dink da sterf amper meer mense wat vermoor word as van rook. Ek kan ook nie verstaan hoekom moet mens tot die uitrerste geprobeer word om aan die lewe te hou nie as daar nie hoop is nie of niks gedoen kan word nie , wat van as n dier baie seer gekry het met n bakleiery, dan is daar niemand om na hom om te sien nie hy gaan dood of as hy sterk is oorleef hy dis hoekom ons al die oorstromings en die winde kry is om die natuur te balanseer want daar is te veel, kyk maar waar gebeur al die sonamies oral waar oorbevolk is , nouja nou het ek gese hoe ek voel moet my net nie gooi met n skoen nie, is ek reg of verkeerd???

BullsEye ·

van ‘n eks roker .. hou net op .. dis so maklik soos dit, al die medikasie is foefies en geldmors. Die mense wat nie wil ophou nie, laat hulle rook, dis elkeen se eie keuse. Bekommer eerder oor drankmisbruik, wetteloosheid en kindermishandeling ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.