Mercedes-staking verby

Argieffoto van ‘n Mercedes-Benz

Stakende werkers by die Mercedes-Benz-aanleg in Oos-Londen sal na verwagting Dinsdag terugkeer werk toe.

“Vergaderings tussen die bestuur van die maatskappy en die vakbond het Maandag voortgeduur en Numsa-beamptes het ‘n beroep gedoen op die werkers om terug te keer werk toe,” het Lynette Skriker, woordvoerder van die maatskappy, gesê. “Geskeduleerde produksie sal Dinsdag 21 Mei weer ‘n aanvangs neem.”

Sy sê die maatskappy sal, te danke aan dié verwikkeling, nie die vakbond met ‘n hofinterdik dagvaar nie. “Ons eer die leierskap van Numsa vir die blitsige oplossing tot die kwessie, wat die negatiewe impak van Vrydag se staking aan bande gelê het, en ons toelaat om beleggersvertroue te behou.”

Mercedes-Benz het gesê werkers by sy aanleg in Oos-Londen het Vrydag aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem. “Die maatskappy het bevestig dat die staking verband hou met ‘n besluit deur die maatskappy om onderbrekings in sy verfwinkel op 14 Mei te ondersoek,” het Skriker gesê. “Die aanleg het die afgelope 20 jaar geen groot stakings beleef nie.” Sy sê Mercedes het ‘n “lang en trotse geskiedenis” van ‘n positiewe verhouding met Numsa. Mphumzi Maqungo, nasionale tesourier vir die vakbond, het gesê hulle sal by die hofbesluit hou.

Klik hier om meer te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.