Merkel vandag weer as bondskanselier beëdig

Angela Merkel

Angela Merkel

Die magtigste vrou ter wêreld, die Duitse kanselier Angela Merkel, word Dinsdag om 12:00 opnuut as regeringshoof van Duitsland beëdig.

Haar herverkiesing is ‘n blote formaliteit omdat haar “groot koalisie” 80% van die stemme in die Bundestag verteenwoordig.

Merkel en haar Christen-demokrate moes ‘n nuwe koalisie vorm na haar vorige koalisievennoot met die onlangse algemene verkiesing te min stemme getrek het om na die parlement terug te keer. Die koalisie moes met die amptelike opposisie, die Sosiaal-demokrate gesluit word.

Merkel is nie al vrou wat die leisels hou nie. Michelle Bachelet is pas tot nuwe president van Chili verkies na sy 60% van die stemme op haar getrek het. Sy sluit haar nou aan by onder andere Cristina Fernandez de Kirchner van Argentinië, en Dilma Rousseff van Brasilië. Nog ‘n onlangs verkose vroulike regeringshoof is die eerste minister van Noorweë, Erna Solberg.

Altesaam 19 vroue is nou regeringshoofde na Julia Gillard vernederend die spoedige aftog in Australië moes blaas.

Groot betogings vind ook in Thailand plaas teen die bewind van Yingluck Shinawatra wat as blote pion van haar uitgeskopte broer beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.