Merkel wil Palestynse staat bevorder

Merkel Netanyahu

Merkel Netanyahu

Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, wil tydens haar besoek aan Israel wat Maandag begin het, haar vir die totstandkoming van ‘n Palestynse staat beywer. Merkel het dié aankondiging voor haar vertrek na Israel gemaak.

Duitsland is tradisioneel een van Israel se grootste bondgenote. Duitsland, as uitvloeisel van die Nazi-slagting van Jode, waarborg die onafhanklikheid en voortbestaan van Israel. Dit is die vyfde keer dat die twee leiers oorleg pleeg.

Premier Benjamin Netayahu van Israel het in reaksie daarop gewys dat Duitsland Israel help voorkom dat Iran ‘n kernbom-vermoë ontwikkel.

Merkel sal twee dae in Israel vertoef, en by dié geleentheid Israel se hoogste toekenning vir burgers ontvang.

Die lande gaan ook ‘n ooreenkoms teken dat Duitsland Israel se burgers se belange sal behartig in lande waar Israel nie konsulêre verteenwoordiging het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.