Meshoe kritiseer Tutu oor “homofobiese God”

Eerw. Kenneth Meshoe

Eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, het emeritus aartsbiskop Desmond Tutu gekritiseer oor sy uitsprake oor ʼn “homofobiese God”, het The Star Woensdag berig.

“Aartsbiskop Desmond Tutu is buite orde toe hy aangevoer het dat God ʼn homofobiese God is en dat hy fout vind met teksgedeeltes wat leer dat ʼn homoseksuele leefstyl ʼn sonde voor God is,” het hy gesê. “Ons versoek dat aartsbiskop Tutu nie mense, wat die skrif respekteer, sal deurmekaar maak nie en raai hom aan om sy ongeloof vir homself te hou as hy nie in die lering van die Bybel glo nie.”

Tutu het Vrydag tydens die bekendstelling van ʼn veldtog van die Verenigde Nasies om die regverdige behandeling van lesbiërs en gays te bevorder, gesê hy aanbid nie ʼn homofobiese God nie. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kaspaas ·

Ek begin al hoe meer dink die ACDP moet maar my stem kry in die volgende verkiesing. ACDP is ook gekant teen aborsies – anders as die ANC of DA (ANC-lite).

Nuuskierige Agie ·

EK glo nie ons heil lê by enige politieke party nie, maar ek is nuuskierig om te weet watter politieke party jy glo ons heil in is.

Dit is vir my net verskriklik interresant hoe Christene vir partye stem, ten spyte van die politiek partye se totale anti-Christelike beleid.

Nog meet interresant is dat sogenaamde Christelike leiers die waarheid veruil vir politieke gewin.

Kraalmuur ·

Stem eerder VIR iets as TEEN iets. Die ACDP het my stem. My heil lê ook nie by die ACDP nie, dit lê by my Heiland. Met sy verloeënende woorde fel Tutu ‘n oordeel oor homself.

marlene ·

Baie dankie KM dat jy standpunt inneem teen dit wat tutu se.Ek Sal beslis eerder stem vir jou party as vir die da wat ondermeer se aborsie is ‘n reg.Ek weet nie van nog ‘n party en of jerk wat standpunt hierteen inneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.