Met vlieër en plank oor die Atlantiese Oseaan

Camilla steek die halfpadmerk oor Foto: The Surfer Today

Camilla steek die halfpadmerk oor Foto: The Surfer Today

Ses avonturiers wat aan die HTC Atlantic Kite Challenge deelgeneem het, het by die Tuks en Caicos-eilande in die Karibiese See aangekom na hulle die Atlantiese Oseaan op hul seilplanke wat deur vlieërs gesleep is, oorgesteek het.

Hulle het gehoop om hul bestemming teen Kersfees te haal.

Die sestal, Filippo van Hellenberg Hubar, Camilla Ringvold, Max Blom, Eric Pequeno, Dennis Gijsbers en Ike Frans het die lang suidelike roete van ongeveer 6 000 kilometer van die Kanariese Eilande na die Karibiese Eilande aangepak, na ‘n korter noordelike roete enkele jare gelede reeds oorgesteek is. Hulle het op 20 November vertrek en die halfpadmerk op 9 Desember oorgesteek.

Elke deelnemer het twee tweeuur skofte per dag gekry en in aflosse gevaar. Die een skof is in die dag, en een in die nag gery.

Hulle is by tye deur dolfyne vergesel, en soms het die weer nie lekker saamgespeel nie. Hul begeleidingsboot het ook enjinprobleme ondervind. Camilla het na ‘n nagskof vertel dat sy by geleentheid die lug in gesleep is, en haar maar bloot daaraan moes troos dat sy uiteindelik weer in die water sou beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.