‘Metaalbal’ stort in Namibië neer

Foto: www.namibian.com.na

ʼn Metaalbal wat sowat 6 kilogram weeg en met ʼn omtrek van 110 cm het verlede maand in die Omusati-gebied in Namibië neergestort.

Namibië se instituut vir forensiese wetenskap sê hy is besig met toetse om te bepaal wat dit is. Die direkteur van die instituut, Paul Ludik, sê hy glo nie metaalbal is van enige vreemde vlieënde voorwerp (VVV) afkomstig nie aangesien dit van die metaalsamestelling is wat gewoonlik in ruimtetuie gebruik word. Die metaalbal het glo ʼn harde ontploffinggeluid gemaak toe dit in die Omusati-gebied neergestort het. Die Republikein berig dat die hol metaalbal op 20 November deur ʼn boer in die veld gevind is sowat vyf dae nadat inwoners in die gebied ʼn reeks ontploffings gehoor het. Dit het glo nadat dit die aarde getref het, teruggebons en uiteindelik 18 m verder te lande gekom. Volgens Ludik is die metaalbal moontlik van ʼn ruimte-satelliet afkomstig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.