‘Metaalbal’ wat in Namibië neerstort se oorsprong moontlik bekend

Foto: www.namibian.com.na

Namibië se instituut vir forensiese wetenskap het moontlik vasgestel wat die ‘metaalbal’ is wat verlede maand in die Omusati-gebied neergestort het.

Die Republikein berig dat die ‘metaalbal’, wat sowat 6 kilogram weeg en ʼn omtrek van 1,1 meter het, moontlik ʼn 39 liter brandstoftenk is van ʼn onbemande vuurpyl. Intussen word daar berig dat dit gons in die kuberruim oor die ‘metaalbal’. Volgens Nasa is daar ʼn geraamde 22 000 sulke stukke ‘ruimtepuin’ wat in ʼn sfeer om die aarde wentel. Die kans is glo 1 uit 3200 dat een van die aarde se 7 miljard inwoners deur ruimtepuin getref sal word.

Die ‘metaalba’l het glo ʼn harde ontploffinggeluid gemaak toe dit in die Omusati-gebied neergestort het. Die Republikein berig dat die hol metaalbal op 20 November deur ʼn boer in die veld gevind is sowat vyf dae nadat inwoners in die gebied ʼn reeks ontploffings gehoor het. Dit het glo nadat dit die aarde getref het, teruggebons en uiteindelik 18 m verder te lande gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.