Metro-polisie se bande en battery verdwyn

Foto: SAUK

Foto: SAUK

Die eThekwini-metropolisie in Durban het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie batterye en bande van hul amptelike voertuie gesteel is, het The Witness Maandag berig.

Senior superintendent Eugene Msomi, die metropolisie se woordvoerder, het aan die koerant gesê hulle is besig met verskeie interne ondersoeke.

ʼn Anonieme senior bron het aan die koerant gesê voertuie wat met splinternuwe bande toegerus is, het met ou en verweerde bande teruggekeer ná patrollies.

“Dit is duidelik dat bande afgehaal en verkoop word. As beamptes skofte ruil weet niemand van enigiets nie, en kom hulle niks agter nie,” het die bron gesê.

Die bron het ook gesê dit is onverklaarbaar hoe voertuie wat op die metropolisie se perseel staan, se batterye net “verdwyn”.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Dis nie onverstaanbaar nie. Waar kry jy ‘n groter konsentrasie skelms as by ‘n metropolisiestasie.

Flash ·

Hierdie presiese modus operandi is standaard by sekere van ons mense.
Die blatante oneerlikheid van sekere groepe is deur ‘n Sweedse firma ongeveer 50 jaar gelede goed nagevors en het op die ‘basiese oneerlikheid’ van sekere groepe neergekom. Synde hulle wette as wit beskou en dus nie van toepassing op swart nie. So basies soos ‘n stopstraat, dws ‘n bord aan ‘n paal kan nie vir my bepaal dat ek moet stilhou as ek nie wil nie.
Ek het my hande gekry op so klein boekie by name ‘Vaalseun in kwaZulu’, waarin ‘n blanke jong man sy ondervindinge deel oor hoe hy die lewe tussen Zulus beleef het. Eerstehandse inligting.
Miskien was die goeie regter tog nie heeltemal verkeerd met sy woorde: “corruption is in your genes” nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.