Metro-polisiebeampte sterf

ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Woensdagmiddag in die hospitaal dood nadat hy by ʼn winkelsentrum deur ʼn rower geskiet is.

Volgens hoofsuperintendent Wayne Minnaar het die voorval by die Flora-winkelsentrum in Roodepoort plaasgevind. “Die rower het teen die metrobeampte se motorfiets gebots toe hy ná ʼn rooftog van die toneel wou vlug,” het Minnaar gesê.

“ʼn Skietery het tussen die verdagte en beampte uitgebreek en hulle is albei gewond. Die verdagte en beampte is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die beampte was in ʼn kritieke toestand en het aan sy beserings beswyk,” het Minnaar gesê.

Die verdagte is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal onder polisiebewaking. Die verdagte gaan van poging tot moord aangekla word.

Die naam van die polisiebeampte is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.