Metro se weiering om jammer te sê kos meer as R1 miljoen

images (1)Die Ekurhuleni-metro se weiering om ʼn raadslid om verskoning te vra het daartoe gelei dat die metro nou met ʼn rekening van meer as R1 miljoen sit, berig die Sunday Times.

Volgens die berig is die metro vroeër die week in die hooggeregshof in Johannesburg beveel om Izak Berg se regskostes te betaal na ʼn vyf jaar lange regstryd. Die sage het glo in 2008 begin toe Berg ʼn geskrewe apologie van Patrick Flusk, die destydse munisipale bestuurder, geëis het. Flusk het glo tydens ʼn vergadering gesê Berg is korrup en dat hy tronk toe moet gaan. Flusk en die munisipaliteit het glo geweier om Berg om verskoning te vra en het hy hulle hof toe gevat. Die hof het beveel dat Berg skadevergoeding van R50 000 moet kry. Volgens die berig het die metro teen die uitspraak geappelleer maar sonder sukses. Die metro moet nou Berg se regskostes van meer as R500 000, die skadevergoeding van R50 000 en hul eie regskostes van meer as R500 000 betaal. Sam Modiba, woordvoerder van die metro, het aan die koerant gesê hulle bestudeer tans die uitspraak waarna hulle op ʼn weg vorentoe sal besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Angelus ·

Izak glo my, vir die vlg 20 jaar + gaan hulle(ANC) appelleer en sal daar nie afsluiting wees nie – as die skuldige se pensioen en eie rykdom nie betrek word nie sal hy aankarring met die belastingbetalers se geld! Blixems!

Hein ·

Darem lekker as jy kan maak en se net wzt jy wil, want jy weet dit is maar die belastingbetaler wat uiteindelik vir jou moedswilligheid gaan betaal.
Waneer gaan Metro en SAPS in hulle persoonlikke hoedanigheid aangekla en verantwoordelik gehou word as hulle onregmatig optree.
Hulle word wel deur diecwet beskerm, maar sodra hulle oortree beweeg hulle buite die wet se beskerming en moet persoonlik pa staan
Dis die enigste manier om te verseker hulle gaan twee keer dink voordat hulle die belasting betaler miljoenne kos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.