Metrobeampte deur ‘dronk’ motoris doodgeskiet

Foto: SAPA

ʼn Ekurhuleni-metropolisiebeampte is Sondag deur ʼn motoris doodgeskiet nadat laasgenoemde vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is by ʼn ongelukstoneel in Brakpan aan die Oos-Rand.

Sup. Vusi Mabanga, woordvoerder van die metropolisie, sê die motoris het Popi Simphiwe Maseko doodgeskiet waarna hy van die toneel gevlug het. “Die skokkende voorval het plaasgevind toe Maseko en ʼn kollega gereed gemaak het om die motoris na die Pholosong-hospitaal te neem om bloed te trek.” Mabanga sê die man is Maandag in Tsakane in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Brakpan-landdroshof verskyn. Mabanga sê Maseko se dood kom nadat ʼn Ekurhuleni-metropolisiebeampte verlede maand op die N3 doodgery is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.