Metrobeampte deur motoris doodgery

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Metropolisiebeampte is Dinsdagaand dood nadat sy deur ʼn motor in Midrand, Johannesburg omgery is.

Rachel Ledwaba (37) is omstreeks 19:00 Dinsdagaand deur ʼn Opel Corsa omgery terwyl sy motoriste afgetrek het om inspeksies te doen op die R562. ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, hoofsupt. Wayne Minnaar, sê die Opel Corsa se hoofligte was nie aangeskakel nie. Ledwaba is dood verklaar kort nadat sy by die Milpark-hospitaal aangekom het. Die bestuurder van die Opel Corsa is op die toneel in hegtenis geneem. Minnaar sê die man, in sy 30’s, sal van strafbare manslag of moord aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.