Metrobeampte geskiet na rooftog

ʼn Metropolisiebeampte is Woensdagmiddag deur rowers op die N12-hoofweg geskiet en gewond.

Hoosupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metorpolisie, sê die beampte is in die skouer en nek geskiet. Hy sê twee metrobeamptes het ʼn verdagte motor van die pad afgetrek vir roekelose bestuur op die N12-wes voor die Soweto-afrit. “Die insittendes van die motor het uitgeklim en op die metrobeamptes losgebrand.” Minnaar sê die mans was gewapen met R5-gewere, AK47’s en 9mm-pistole. Hy sê die mans het ʼn Pick en Pay in Steeledale, suid van Johannesburg, beroof minute voor hulle deur die metrobeamptes afgetrek is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.