ʼn Woordvoerder van die metropolisie, hoofsupt. Wayne Minnaar, sê die beampte is naby Pimville-stadion doodgeskiet terwyl hy op pad was werk toe. “Hy is sewe keer geskiet en sy vuurwapen is gesteel. Die ondersoek duur voort. Dit is die tweede voorval in net vier dae.” Verlede week is ʼn metropolisiebeampte in Hillbrow doodgeskiet. Die beampte het glo ʼn taxi van die pad afgetrek, toe die bestuurder ʼn vuurwapen uitgepluk en die beampte doodgeskiet het. Die bestuurder het op die vlug geslaan en is kort daarna in hegtenis geneem.
Metrobeampte in Johannesburg doodgeskiet
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Dinsdagoggend in Pimville, Soweto doodgeskiet.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.