Metrobeampte in Jhb geskiet

Foto: SAPA

Foto: SAPA

ʼn Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum geskiet is.

Supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel na hulle geweerskote by die The Bridge-winkelsentrum in die Johannesburgse middestad gehoor het. Sy sê drie rowers het ʼn juwelierswarewinkel beroof en ʼn veiligheidswag geskiet en gewond. “Toe die beamptes die rowers genader het, het die rowers op hulle begin skiet waarna die beamptes teruggevuur het en een van die beamptes raakgeskiet is.” Dit is nog nie duidelik of van die rowers ook gewond is nie. Die rowers kon daarin slaag om te ontsnap en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Seg Net ·

Hierdie gemors moet hulle daaglikse verslawing per dag uitleef. Misdaad verslawend is erger as ‘n drug verslawing by hulle.

Eben ·

Dink die beampte se deal het skeef geloop of die rowers het hom nie herken ….

vuurvreter ·

Net so Eben net so. Ek wou dieselfde ding se maar net meer krassir maar dan haal hulle my kommentaar net af. Weet jy hoe skelm is hulle hier in die kaap? Dis erger as by die grensposte.

Eben ·

Gie gie ek lees jou Vuurvreter …. ek is hoeka Sondagoggend op pad Kaap toe vir week vakansie en hoop nie ons kry te doen met skelms, hier by Lebombo Grenspos is daar genoeg :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.