Metrobeampte tydens ‘gyselaarsdrama’ doodgeskok

ʼn Metropolisiebeampte is Donderdagoggend by die Kempton Park treinstasie doodgeskok tydens ʼn beweerde gyselaarsdrama.

ʼn Woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), Vusi Mabanga, sê die polisie en metropolisie is Donderdagoggend na die stasie ontbied na inligting dat mense op ʼn trein wat glo onderweg was na Germiston gyselaar gehou word. Mabanga sê werkers van die Poskantoor het glo op die trein begin staak en ander passasiers gyselaar gehou. “Toe die trein op Kempton Park stasie stop het van ons beamptes en polisielede die trein genader om die situasie te probeer ontlont.” Mabanga sê ʼn lid van die EMPD is in die proses doodgeskok. Mabanga sê drie mense is in hegtenis geneem. Hy sê egter dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.